In samewerking met Solidariteit Finansiële Dienste

Wie is Ons

Vind meer inligting oor ons

Meer oor SPAAR

SPAAR fokus op die ontwikkeling van innoverende oplossings ooreenstemmend met die behoefte van ons kliënte. Die goue draad wat deur al ons aanbiedinge loop, beide aan maatskappye en verbruikers, is ons strewe om waarde te ontsluit en produkte sowel as dienste te bied wat alle verwagtinge oortref.

Ons maatskappy-etos se grondslag is waardetoevoeging wat op twee pilare gebaseer is:

  • Kostebesparings
  • &
  • Finansiële Opvoeding

‘n Produk van Alivio

Alivio Consulting (Pty) Ltd is die administrateur van SPAAR en ‘n juristiese verteenwoordiger van African Unity Life Ltd.


Direkteure

Neil Roets

Neil, ‘n enterpreneur, besigheidsman en bemarker by uitstek is passievol oor probleemoplossings, en skuldbeheer en -berading in die besonder. Neil het homself as prokureur bekwaam en beskik ook oor verskeie ander nagraadse, en internasionale kwalifikasies.

Sy ervaringsveld strek wyd en dek bykans alle velde wat met krediet te doen het. Hy is ‘n bekende op verskeie kommunikasiemediums en is onder andere ook die stigter van Debt Rescue, een van die grootste skuldberadingsmaatskappye in Suid-Afrika.

Neil is ook met verskeie toekennings vereer vir sy bydrae tot die skuldberadingsbedryf.

Vic Hoops

Vic is ‘n ervare arbeids- en arbeidsverhoudinge konsultant met meer as 35 jaar ondervinding in, en blootstelling aan die mynbedryf. Hy beskik onder ander oor ‘n B Comm Personeelbestuursgraad en ander verwante kwalifikasies.

Vic is ‘n ervare onderhandelaar en was ook instrumenteel in die vestiging van een van die eerste unie/bestuur gesamentlike forums in die mynbedryf.

Hy het as gasspreker by nasionale menslike hulpbronbestuurskonferensies opgetree en ook by verskeie Suid-Afrikaanse myne in bestuursposisies gedien waar hy instrumenteel was in suksesvolle salaris- en ander onderhandelinge met unies en verenigings.

Spaar Nou!